June 2024

Fri
7
Sat
8
Sun
9
Mon
10
Tue
11
Wed
12
Thu
13
Fri
14
Sat
15
Sun
16
Mon
17

Rudie van Rensburg

Writer

Rudie is in Bloemfontein gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal en behaal ’n BA-graad aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n BA (Hons.) in Kommunikasiekunde aan Unisa. Hy werk tien jaar lank as joernalis by verskeie publikasies en twintig jaar in die korporatiewe wêreld in hoofsaaklik kommunikasie- en reklame-afdelings. Vanjaar sal sy veertiende misdaadfiksieboek en sesde humoristiese Hans-boek verskyn.

Hy is twee keer bekroon met die ATKV-veertjie vir die beste spanningslektuur (Kamikazi in 2018 en Hartedief in 2022). Die film Hans steek die Rubicon oor (gebaseer op sy boek) is in 2023 by die Silwerskermfees aangewys as die beste speelfilm. ’n Drama uit sy pen, Die Begrafnis, is 2008 bekroon met die Sanlam-prys vir Afrikaanse Teater.

www.rudievanrensburg.co.za